’n Twintigjarige pasgetroude vrou en haar 25-jarige man het familie besoek toe hulle saam met vier ander familielede die Pambar-dam in die suidelike Indiese staat Tamil Nadu besoek het. 

Volgens Independent het die ses hande vasgehou terwyl hulle by die damwal in water gestaan het wat tot by hul middel kom toe een van die groep – ’n 14-jarige seun – onder die water verdwyn en die ander intrek.

Die bruidegom, wat die foto geneem het, het sy balans herwin. Hy het sy suster uit die water gered. Die watervlak het gestyg terwyl hulle daar was en die ander vier het onder die water verdwyn. 

Hul lyke is later gevind en nadoodse ondersoeke uitgevoer. 

Volgens CNN toon ’n studie van 2018 Indië het die hoogste getal selfiesterftes van enige land ter wêreld.  

Owerhede in Indië het veldtogte van stapel gestuur om mense daarteen te waarsku om nie op gevaarlike plekke vir foto’s te poseer nie.

Verlede maand het ’n vrou blykbaar 60 m na haar dood geval terwyl sy ’n foto van haarself op ’n krans in Wes-Indië geneem het. 

Bronne: People, Independent, CNN