Die kinders van die *Malan-gesin van Gauteng was nog nooit op skool nie.

Hulle doen unschooling of "ontskoling" met hul kinders. Anders as tuisonderrig is daar geen leerplan wat gevolg word nie. Die kinders leer deur aktiwiteite en ook net wanneer hulle gereed is.

Jana en haar man, *Martyn, het aanvanklik tuisonderrig met hul kinders gedoen omdat hulle in die platteland gewoon het.

“Daar is nie regtig ’n verskil tussen tuisonderrig en skoolgaan nie. Jy moet steeds die leerplan volg en jy het vaste tye wat jy sit en leer,” sê sy.

Hul kinders, die tweeling *Corrine en *Stephanie (20), *Hannes (18) en hul laatlam, *Diederik (6), is almal later "ontskool". Twee van die kinders het´n tradisionele skoolkwalifikasie.

Corrine en Stephanie het die ekwivalent van ’n Amerikaanse hoërskoolkwalifikasie, General Educational Development (GED), voltooi.

Hannes het besluit om nou eerder op sy privaat vlieglisensie as matriek te fokus. Dit sal hom in staat stel om vroeër verantwoordelikheid vir sy pa se onderneming te aanvaar.

Hy mag wel later besluit om matriek te doen.

Stephanie is gek oor perde en sy volg ’n loopbaan daarin. Sy speel viool en skryf haar eie komposisies.

“Al ons kinders speel ook ’n klassieke instrument en die tweeling het elk al byna 1 000 boeke gelees,” sê Jana. Corrine is ’n pianis, volg ’n diploma in naturopatie en bedryf ’n musiekskool.

“Ons kinders het gespeel. Veral in die laerskooljare het ek hulle toegelaat om te speel. Ons is soogdiere en alle jong soogdiere moet speel,” sê Jana.

Sy sê hulle glo alle kinders sal self begin lees en wiskunde doen sodra hulle reg is.

Die tweeling kon al op vyf lees, maar ons seun eers op nege. Met ontskoling druk jy nie die kind ryp nie.

“Daar is syfers en letters om hulle, dus het my kinders self leer lees en skryf.” Sy sê in die ontskoling-gemeenskap lees kinders gewoonlik teen 12, maar dit kan gebeur dat hulle eers op 16 begin lees.

“Dit is geneties vir ons (die mens) om te begin lees. Die tweeling kon al op vyf lees, maar ons seun eers op nege. Met ontskoling druk jy nie die kind ryp nie,” sê sy.

Jana sê hulle het ure deurgebring in biblioteke, op uitstappies gegaan, saam hoenderhokke gebou en gespeel.

Jana sê haar kinders het tyd gehad om goed te beleef omdat hulle nie besig wat met skool nie.


Sy erken sosialisering was hul grootste uitdaging, maar hulle het moeite gedoen om hul kinders aan verskillende mense bloot te stel.

“Ons is geleer ons moet wiskunde hê. Hoekom? 'n Mens moet aan die groter prentjie dink en aan hul menswees werk,” sê sy. Jana sê haar kinders het tyd gehad om goed te beleef omdat hulle nie besig was met skool nie.

“Corrine het op 15 aan haar eie digbundel begin werk en werk nou aan haar eie album.

Stephanie en ’n vriend het meer as 1000 km te perd gery en sy beplan om ’n boek daaroor skryf,” sê sy.

Wat sê die Suid-Afrikaanse Onderwysunie?

Volgens die unie se uitvoerende direkteur, Chris Klopper, is dié metode baie onverantwoordelik.

“Om te glo dat kinders self kan leer lees en basiese wiskunde doen is amper soos die analogie dat as jy sterk genoeg in die tandemuis glo, dit eindelik sal waar word. Daar is meer as genoeg voorbeelde waar so ‘n benadering nie tot 'geskooldheid' gelei het nie.

Volgens Klopper het Suid-Afrikaners met ’n matriekkwalifikasie net 10 persent-kans om 'n werk te kry en diegene met ’n graad 85 persent.

"Ek kan insien dat as die kinders baie intelligent is dat hulle tot op ‘n basiese vlak kan vorder, maar om te dink dat dit die reël sal wees, hou nie water nie,” sê hy.

Volgens Klopper het Suid-Afrikaners met ’n matriekkwalifikasie net 10 persent-kans om 'n werk te kry en diegene met ’n graad 85 persent.

“Dié sonder enige formele kwalifikasie se kans is minder as 1 persent,” sê hy. Klopper sê ouers wat "ontskool" oortree ook die Suid-Afrikaanse Skolewet en ’n boete of tronkstraf kan opgelê word.

Slegs ’n skoolhoof kan ’n kind vryspreek van skool as dit in die kind se beste belang is.

“Dit is duidelik dat die betrokke ouers ook die konstitusionele hof sal moet oortuig dat dit in die betrokke kind(ers) se belang is om te 'ontskool', en nie net ‘n blote voorkeur van die ouers nie,” sê hy.

Op Facebook is ’n groep, Unschoolers In South Africa, met byna 3 300 lede.

*Skuilname is gebruik om die gesin se minderjarige seun te beskerm. 

*SkuilS

ave