Rozanne McKenzie se klein Fallon Ann McKenzie Bishop het haar opwagting gemaak.

Rozanne het die blye nuus Donderdagoggend op Instagram gedeel en by ’n foto geskryf: “Fallon Ann McKenzie Bishop is gisteroggend om 09:01 gebore. Sy is lank en skraal, en ek en Chris Bishop is mal oor haar.” 

Fallon Ann McKenzie Bishop was born yesterday morning at 9:01am. She is tall and slim and @cjb_horn and I are besotted. ???????? #LittleMissBishop #babygirl #newborn #welcometotheworld

A post shared by Rozanne McKenzie (@rozmckinsta) on

Die televisie-en-radiopersoonlikheid en haar man is reeds die trotse ouers van ’n seuntjie, James.

Sy het vroeër aan Huisgenoot vertel dat sy en Chris mekaar in 2008 deur gemeenskaplike vriende in ’n kuierplek in Melville ontmoet het toe hulle haar aanstelling by Kwêla vier. Hulle is in 2013 in Engeland, Chris se geboorteland, getroud.

Baie geluk met die nuweling, Rozanne en Chris!