Die Nasionale Dierebeskermingseenheid het die apie se eienaar, André du Plessis (52) van Pretoria, by die polisie aangekla vir verwaarlosing en mishandeling.

Met die ondersoek is bepaal André het vir Elvis, soos die oulike apie met die ligbruin gesiggie en stout geaardheid genoem is, lekkers en koffie gevoer en ’n doek laat dra.

Die saak is in Randburg aanhangig gemaak omdat Elvis in daardie jurisdiksie dood is.

Die landdros het Dinsdag vir André ’n boete van R24 000 of 12 maande gevangenisstraf opgelê, waarvan R18 000 of nege maande gevangenisstraf vir drie jaar opgeskort is.

“Diere verdien dit om beskerm te word. Die optrede van mnr. Du Plessis moet in ’n ernstige lig beskou word,” het landdros Pravin Raghunandan in haar uitspraak gesê toe sy hom skuldig bevind het aan verwaarlosing omdat hy onder meer vir Elvis luiers aangetrek het.

Die beskuldigde het destyds verdwyn en ’n lasbrief is vir sy inhegtenisneming uitgereik. Die saak is byna twee keer laat vaar omdat hulle hom nie kon opspoor nie, maar hy is vanjaar in Januarie op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en die saak is na die Randburg-hof gebring.

“Soos ek verstaan het hy die boete betaal,” vertel Arno de Klerk, hoofondersoekbeampte en bestuurder van die spesiale eenheid.

Hy is al die sewende ondersoekbeampte sedert Elvis dood is.

“Ons wou ’n duidelike boodskap uitstuur dat primate soos die apie in die natuur hoort en nie in doeke en klere vir mense se plesier in aanhouding in huise nie. Daarom het ons jare lank geveg om ’n skuldigbevinding te kry,” voeg Arno by.

Elvis die apie wat dood is aan onder meer diabetes het gelei tot die skudigbevinding van sy eienaar. Foto: NDBV
Elvis die apie kort nadat hy dood is. Foto: NDBV
Elvis,apie,dood,diabetes,hof,eienaar,skuldig
Die sere en infeksie weens die doek wat Elvis moes dra. Foto: NDBV
Elvis,apie,dood,diabetes,hof,eienaar,skuldig
Seer-plekkies weens die infeksie wat deur sy doek veroorsaak is. Die foto's is as bewyse by die hof ingedien. Foto: NDBV
Elvis,apie,dood,diabetes,hof,eienaar,skuldig
Die toestand van Elvis se magie. Foto: NDBV


Elvis is destyds na ’n veearts geneem en diabetes is by hom gediagnoseer weens die verkeerde voeding. Twee weke ná die diagnose is Elvis na die Fourways-dierehospitaal toe hy in ’n toestand van ineenstorting was en wonde in sy bekkenarea opgedoen het.

Hy is later dood as gevolg van skok weens oorverhitting en hartversaking.

“’n Apie is wild en kan nie ge-potty train word nie,” sê Arno. “Ons is bekommerd oor die welsyn van die eksotiese diere wat weens die drange van mense soos kinders behandel word."