Trevor, wat ook bekend staan as Oom Trev in sportkringe, het vroeër vir Jacaranda sport uitgesaai.

Die 5,6-voet-verslaggewer het die skaal al by ’n enorme 144 kg laat draai voor hy sowat nege maande gelede besluit het om sy leefstyl en gewoontes te verander.

Trevor het eens 114 kg geweeg. Foto: Verskaf

“Die moeilikste was om my brein te herkondisioneer,” het Trevor aan Huisgenoot gesê.

“Jy moet jouself kondisioneer om verby kosse met hoë koolhidrate, soos brood en rys, te hou en eerder ’n gesonder keuse maak. Jou brein speel maklik speletjies met jou; daarom moet jy ’n gesonder keuse maak,” sê hy.

Hy het 48 kg afgeskud. Foto: Verskaf

Trevor sê hy volg die Slender Wonder-program, wat jou help om jou leefstyl te verander. “Ek was nie op ’n dieet nie. Ek het daadwerklik my leefstyl verander.”

Trevor sê sy hele gesin lewe ook nou gesonder en hy is baie bly dat hy nog lank saam met sy geliefdes sal wees en sy kans op ’n hartaanval darem verminder het.

“Ek het nie op die oomblik ’n voltydse werk nie en hoop om inspirasiepraatjies oor die land heen te lewer,” sê hy.