Haar ma, June, en pa, Barry, was saam met vriende op die Pollok-strand in Port Elizabeth, waar Reeva graag gaan swem het om haar geliefde dolfyne te ontmoet. Dit was ook hier waar haar as in 2014 gestrooi is.
“Dit beteken vir hulle baie dat hulle vandag kan hulde bring aan haar,” sê Tania Koen, die Steenkamps se prokureur.
Daarna het hulle ’n plek van veiligheid vir mishandelde vroue gaan besoek en presentjies uitgedeel. June het by die Altona Primary School in Groenbossies, Port Elizabeth, gesels oor haar ontslape dogter en haar werk om vroue te bemagtig.
Hulle het spesiale boekies vir die geleentheid laat druk.
In die sosiale media het vriende ook hulde gebring aan hul Reeva “wat te vroeg weggeskeur is”.
Rest in power Reeva Steenkamp, you are gone but not forgotten.#ValentinesDay2020 pic.twitter.com/xV7W6SAIMR
— Lunga Budu (@LungaBudu5) February 14, 2020
'My Name is Reeva' is the New Documentary About the Late Reeva Steenkamp https://t.co/YH56QbhAjV
— Kenicha Hatten (@KenichaHatten) February 14, 2020
Oscar het op 22 November verlede jaar vir die vyfde keer in die tronk verjaar. Hy het 33 jaar oud geword.
Hy is in November 2016 van die Kgosi Mampuru II-gevangenis na die Atteridgeville-gevangenis oorgeplaas waar hy die res van sy vonnis van 13 jaar en vyf maande uitdien.
Die selferkende vuurwapengeesdriftige het in 2013 op Valentynsdag vier skote deur ’n badkamerdeur afgevuur, en beweer hy het geglo daar is ’n indringer in die badkamer.
Hy sal eers in 2023 weer in aanmerking kom vir parool.
Ekstra bronne: theguardian.com, channel24.co.za
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET