M-Net het reeds aangekondig dat die sangeres Riana Nel en die kletsrymer Riky Rick twee van die vier afrigters is wat met hul rûe na die deelnemers gaan sit en net op hul sangtalent gaan reageer. 

Riana is een van The Voice se nuwe afrigters.

Riky Rick is een van The Voice se nuwe afrigters.

Deur hulle stoele om te draai, wys die afrigters hul goedkeuring vir die sang wat hulle hoor en onderhandel hulle dan vir deelnemers wat hulle onder hul vlerk wil neem. 

Riana se stoel vir The Voice South Africa
Riky Rick sit een van die rooi stoele as 'n afrigter van The Voice South Africa vol.

Die twee ander afrigters moet nog aangekondig word.

Die gewilde omroeper van The 947 Breakfast Club Anele Mdoda is die musiekwerklikheidsreeks, wat nou by Urban Brew Studios in Randburg verfilm word, se nuwe aanbieder. 

Die sangers, Kahn Morbee, Lira, Bobby van Jaarsveld and Karen Zoid, het in die vorige twee seisoene as die werklikheidsreeks se afrigters opgtree, terwyl Lungile Radu die aanbieder was. 

The Voice South Africa word in Februarie op M-Net (DStv-kanaal 101 uigesaai).