“Gister het ek grappies gemaak met Riley en vertel van almal vir wie ek lief is,” skryf haar ma, Chelsea Sylvaria, op Facebook.

“Ek is lief vir Riley, ek is lief vir haar boetie Grayston . . .” Riley kyk toe na my en vra: “Is jy lief vir jouself?” En ek antwoord dadelik: “Natuurlik. Jy moet altyd vir jouself lief wees. Hou jy nie van jouself nie?” Sy antwoord toe saggies: “Nee.”

Dit het die wind heeltemal uit haar seile geneem. “Wat bedoel jy jy is nie lief vir jouself nie?" het sy gevra. Waartoe die meisietjie toe antwoord: “Ek hou nie van myself nie, want ek het nie hare nie.”

Later daardie aand toe hy by die huis kom, het Riley se pa met haar gesels en toe gebeur dit:

Die reaksie van ander op Facebook was oorweldigend: