Die 25-jarige ma, wat tans haar mediese eindeksamen skryf, het op Instagram vertel haar 10 maande oue seuntjie het begin stap. "Die liefie van my het vandag begin stap en ek was nie daar om dit te sien nie," het die voormalige Mej. Wêreld op Instagram vertel by ’n foto waarin haar kleinman in sy stootwaentjie sit.

Rolene is druk besig met die eindeksamen van haar laaste jaar van mediese studie. Sy het ook vertel sy het twee eksamens kafgedraf.

Sy het vertel watter tol die eksamen op haar vel geëis het.

Rolene is 'n trotse mamma! Sy deel gereeld kiekies van haar skattige seuntjie op Instagram.

Die kleinman vier in Januarie 2018 sy eerste verjaardag.

My whole life in one picture... #LOVE They give me purpose ??

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on

6 months my love... Can't imagine our life without you! ?????? #motherhood #boymom #timeflies

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on