Rugbyman ná 37 jaar vir moord op vrou vasgetrek

akkreditasie
David Jenkins het dié videogreep van sy tannie, vermiste Lyn Dawson, op Twitter gedeel.
David Jenkins het dié videogreep van sy tannie, vermiste Lyn Dawson, op Twitter gedeel.

Die polisiekommissaris van Nieu-Suid Wallis, Mick Fuller, het gesê brokkies inligting wat onlangs na vore gekom het ná mediadekking oor Lynette se raaiselagtige verdwyning op 9 Januarie 1982, het ál duideliker in Chris Dawson (70), ’n bekende in Australiese sportkringe, laat swaai.

Chris was glo “kalm en ’n bietjie beteuterd” toe hy Woensdagoggend deur die polisie in hegtenis geneem is. Tog glo sy familie in sy onskuld. In ’n verklaring wat hulle vroeër vandag uitgereik het, spreek hulle hul teleurstelling oor sy inhegtenisname uit.

Hulle glo Lyn, soos sy bekend was, het nog lank nadat sy verdwyn het, geleef en dat “duidelike en onbetwisbare bewyse” bestaan dat dit wel die geval was.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees