Suid-Afrika het tans meer as 1,2 miljoen kumulatiewe gevalle van coronavirus en 33 163 sterftes is al aangemeld as gevolg van dié virussiekte.

In sy toespraak het Ramaphosa aangekondig dat die land steeds op die aangepaste vlak 3-regulasies sal bly soos hy op 28 Desember 2020 aangekondig het.

Onder die regulasies geld ’n aandklokreël vanaf 21:00 tot 05:00.

Alkoholverkope is steeds verbode. Volgens Ramaphosa het gesondheidsdienste aangedui dat danksy die verbod op alkoholverkope, daar veel minder pasiënte in hul ongevalle opgeneem word.

Inligting oor die heropening van skole sal later vandeesweek bekendgemaak word.

Die president het ook aangekondig dat die regering 20 miljoen dossise van die coronavirus-inenting bekom het, wat deur die loop van die jaar versprei sal word.

KYK HIER DIE PRESIDENT SE VOLLEDIGE TOESPRAAK