In Suid-Afrika het benoude Marmite-liefhebbers hulself na die sosiale media gewend en gevra: Waar is al die Marmite? Die winkels se rakke is dan leeg.

Sommige gebruikers van hierdie smaaklike smeer koop selfs Marmite by ander oor  ongeag of daar al van die smeer gebruik is of nie. 

Almal wil weet: Hoekom het Marmite opgeraak? 

Meeste winkelrakke is leeg weens die tekort aan Ma
Die meeste winkelrakke is leeg weens die tekort aan Marmite. Bovril, ’n soortgelyke smeer, gebruik heelwat minder gis tydens produksie en party Marmite-liefhebbers koop nou hierdie produk. Foto: Verskaf

Die antwoord is ’n tekort aan gis die hoofbestanddeel van Marmite, asook een van die bestanddele wat voornemende biermakers vroeër vanjaar opgegaar het tydens die inperking toe dit verbode was om alkohol te koop.

Die gevolg: Derduisende mense in Suid-Afrika het tuisgemaakte bier probeer maak en die produksie van Marmite het weens ’n tekort aan gis in die slag gebly.

Nou is die rakke in winkels waar Marmite-botteltjies eens gestaan het leeg.

View this post on Instagram

I need to find this #marmite #british

A post shared by William Edwardsen (@mcedsonwilliam) on

Deborah-Ann Sharwoord, hoof van kommunikasie by PepsiCo SSA wat dié smeer vervaardig, sê die afgelope vyf maande was moeilik vir die Marmite-fabrieke omdat hulle gesukkel het om tydens die inperking genoegsame voorraad van gis te kry.

“Twee van ons gis-verskaffers in Suid-Afrika, die AB-Inbev en Heineken-brouery, was weens die inperkingsregulasies nie toegelaat om handel te dryf nie.

“Boonop kan ons nie gis opgaar nie omdat dit ’n swam is. Daarom moes die produksie van Marmite gedurende daardie tydperk stop."

Hoe lank nog sonder Marmite?

Deborah sê namate die inperkingreëls stelselmatig begin verslap het, kon die fabrieke weer oopmaak. Dit neem sowat twee weke vir hulle om genoegsame gis bymekaar te kry om met produksie voort te gaan.

“Die goeie nuus is dat die produksie van Marmite in die 125 g-bottel einde September weer begin het, en dié van die 250 g-bottel is in die eerste week van Oktober weer hervat."

Sy verseker bekommerde Marmite-liefhebbers dat hulle binnekort weer hierdie produk op die rakke sal sien. 

“Ons weet baie mense kry swaar sonder hulle gunstelingsmeer; ons is dus baie bly die gewag is amper verby!”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe