Dit is drie jaar sedert sy haar man, Werner (46), Jean-Pierre (17) en haar dogter, Rodé (15), aan die hand van Taliban-selfdoodaanvallers verloor het.

Hannelie saam met haar gesin wat in Kaboel gesterf het.

Hannelie was by die kliniek waar sy gewerk het toe die aanvallers op hul huis in Kaboel losbrand.

'n Lugvaartorganisasie het onlangs een van hul Cessna-vliegtuie na Jean-Pierre genoem.

“Dit bly tog hartseer,” sê Hannelie. “Jean-Pierre wou baie graag 'n vlieënier geword het. Hy het in die tyd wat ons in Kaboel gebly het, gereeld saam met van die vlieëniers gaan vlieg en almal het hom geken.

“Dit is net jammer dat hy dit nie self kan sien nie.”

Een van die lugvaartorganisasie se werknemers het Hannelie gekontak in verband met die vliegtuig wat na haar seun genoem is.

“Daar is 'n tradisie onder die Noord-Kanadese bosvlieëniers,” skryf hy. “Ons gee ons vliegtuie name. Ons verf die naam van 'n gevalle kameraad op die neus van die vliegtuig.

“Dit is gewoonlik 'n mede-vlieënier wat in 'n vliegongeluk gesterf het, en hoewel JP nog nie 'n vlieënier was nie, glo ek hy sou wees en hy was eintlik reeds een van ons.”

Die vliegtuig wat na Jean-Pierre vernoem is.

Hannelie sê dit is vir haar baie spesiaal.

“Dit is wonderlik om te sien dat hy steeds 'n impak op mense het.”