book-icon Uitgawe 2 April 2020

SA student in Wuhan: Ek moes bly toe almal huis toe gaan

akkreditasie
Jessica Rakole kon op Vrydag 20 Maart, nadat sy 56 dae in haar universiteitskoshuis vasgevang was te midde van die COVID-19-pandemie, weer buitentoe gaan in die stad Jingzhou in die Chinese provinsie Hubei.
Jessica Rakole kon op Vrydag 20 Maart, nadat sy 56 dae in haar universiteitskoshuis vasgevang was te midde van die COVID-19-pandemie, weer buitentoe gaan in die stad Jingzhou in die Chinese provinsie Hubei.

Byna twee maande lank was sy ’n gyselaar van die virus wat die wêreld in sy wurggreep het. Ver anderkant die waters was sy dagin, daguit, weekin, weekuit vasgekeer in haar woonstel in die land waar COVID-19 in Desember die eerste keer sy kop uitgesteek het.

Terwyl haar geliefdes in Suid-Afrika moes toekyk hoe die siekte oor grense heen versprei terwyl dié grense toenemend gesluit word en ál meer vlugte gekanselleer word, was die jong mediese student van Limpopo in Suid-Afrika saam met miljoene ander mense in kwarantyn in die stad Jingzhou in China.

Sê nou net sy word ver van haar mense siek in die vreemde, het sy gevrees. Toe swaai Unarine Jessica Rakole (22) se tronkdeur as’t ware vir haar oop – sy kry ’n e-pos van die Suid-Afrikaanse regering wat vra: Wil sy huis toe gaan? Die e-pos het verduidelik ’n spesiale vlug kom die Suid-Afrikaners in China haal.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees