Volgens Dennis is dokters steeds besig om Mhlengi se been te probeer red. Die Suid-Afrikaanse driekampatleet het om 03:15 Dinsdagoggend op sy fiets naby die kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal geoefen toe hy aangeval is.

Die storie het aanvanklik op Twitter uitgekom toe Mhlengi se vriend en mede-atleet Henri Schoeman die nuus in die sosiale media gedeel het.

“Ek dink daar was aanvanklik verwarring en die korrekte inligting het in die warboel verlore geraak, verduidelik Dennis Jackson, die direkteur van die Elite Athlete Development-program, waaraan Mhlengi behoort.

“Soos ek dit verstaan, was dit dit was wel ’n gewone handsaag en nie ’n kettingsaag nie. Dit was blykbaar 'n taamlike stomp saag, wat die aanval eintlik erger maak,” sê Dennis.

Huisgenoot het weer by die KwaZulu-Natalse polisie navraag gedoen, en volgens kapt. Nqobile Gwala is Mhlengi wel met 'n kettingsaag aangeval.

Dennis het voorts bevestig Mhlengi se operasie duur voort en sal moontlik teen vyfuur Woensdagmiddag klaar wees.

“Drie chirurge opereer tans aan sy been; hulle hoop om dit te red,” sê Dennis.