“Hierdie ou, Todd, het aan my vriendelikheid en deernis getoon wat ek nog nooit tevore beleef het nie,” vertel die Amerikaner, Jessica Rudeen, op haar Facebook-blad.

Sy vrou, het Todd Walker vertel, het ’n soortgelyke ervaring gehad toe hul twee seuntjies jonger was en ’n vreemdeling het dieselfde vir haar gedoen. Hy het een van die kinders besig gehou.

“Ek is deur God se hand hierin oorrompel. Ons kon op enige plek in die vliegtuig gesit het, maar het sitplekke gekry langs die gaafste man wat ek al ooit ontmoet het."

Dit was haar eerste vlug met haar baba én haar kleuter, wat paniekerig geraak het toe hulle aan boord stap. “My vier maande oue baba het aanhoudend geskree,” vertel sy. Sy het nie tyd gehad om hom voor die vlug te voed nie.

Haar driejarige, Caroline, wat opgewonde was om in die vliegtuig te kom, het toe besluit vlieg is nie vir haar nie. Sy het geskop en geskree: “Ek wil afklim! Ek wil nie gaan nie!”

Dis toe die ridder, Todd, toetree en die baba by haar vat terwyl sy Caroline se veiligheidsgordel vasmaak en vir haar ’n fliek op haar tablet aansit. Terwyl sy vir baba Alexander gevoed het, het Todd Caroline se aandag afgetrek.

Gedurende die vlug en selfs op die aansluitingsvlug van Charlotte na Wilmington het Todd haar met Caroline gehelp. Hulle was boesemvriende toe hulle eindelik hul bestemming bereik.

“Ek is nie seker of hy agtergekom het sy het hom op sy skouer gesoen terwyl hulle by die venster uitgekyk het nie,” vertel Jessica.

Sedertdien het hulle bymekaargekom en Jessica het sy vrou ontmoet wat eens ook so gelukkig was om 'n beskermengel soos Todd op 'n vliegtuig te ontmoet. 

Kontak ons
Het jy al ooit 'n soortgelyke ervaring op ’n vliegtuig gehad? Skryf aan ons by web@huisgenoot.com.