’n Vriendin het halftien gisteraand laas van Elna-Marie Abbott, ’n opgeleide sjef van Windhoek gehoor, vertel ’n geskokte Elizma oor die telefoon.

“Sy het nog nooit net so weggeraak nie. As ons iets hoor sal ons verdere kommentaar lewer,” het die Roep My-sanger bygevoeg.

Elizma wou nie in hierdie stadium verder uitwei oor die 29-jarige se verdwyning tot hulle meer inligting het nie.

Elna-Marie Abbott is laas in Hochland Park, Windoek in Namibië in ’n silwer VW Golf gesien.