Haar pa, wat veral bekend was vir liedjies soos Girl van die Klein Karoo en Grootvoël Paradys, is op 2 Junie tragies in ’n motorongeluk in die Oos-Kaap dood. 

“Dokters het gesê ek is baie gelukkig om lewendig te wees,” vertel Joani. 

Joani het op 6 September sowat vier meter ver geval en albei haar elmboë gebreek, asook haar een knieskyf vergruis.  

“Die dokters het gesê daar gaan nou ’n groot verandering in my lewe wees. Ek moet weer van vooraf leer loop en rehabilitasie ontvang.”

Joani is reeds besig met fisioterapie. 

“Dit is nog ’n lang pad vorentoe.” Sy sê sy is veral dankbaar aan Justin wat haar in dié twee weke bygestaan het.

“Sy wit leuen in ongevalle dat ek net my bene gekraak het, het my sielkundig voorberei vir wat op my gewag het. 

“In hierdie jaar het ons saam oor die 30 jaar se ervaring opgedoen.”

Jacques se seun, Basil (24), het in 2014 verongeluk. Die tragedie het homself op Vrydagaand 19 September omstreeks 20:30 in Port-Elizabeth, voor die Life St. George-hospitaal, afgespeel.