Schalk Bezuidenhout het onlangs ’n paar foto’s van hom en sy meisie, Mica McKechnie, op sy Instagram-profiel gedeel.

“Soms kan ek soetsappiger as 'n Celine Dion-liedjie wees,” skryf hy by ’n onlangse foto waar hy en die blondine hand aan hand staan en glimlag vir die kamera.

“Ek kan ook sê: Wie wil dan na Nemo soek as jy haar klaar gevind het.”

Mica is ’n stelontwerper van Johannesburg.

Cruise jol ?????? @schalkiebez #jacarandacruise2018 #thatcruiseshiplife

A post shared by Mica McKechnie (@micapaprika) on

Die twee het onlangs heerlik op ’n bootreis na die Portugese eilande gefuif.