Jaco Visser is oor die twee meter lank. Hier is hy saam met sy broer, Christo. Christo is 1,88 m lank. Foto: Facebook/Annemarie Visser
Jaco Visser is oor die twee meter lank. Hier is hy saam met sy broer, Christo. Christo is 1,88 m lank. Foto: Facebook/Annemarie Visser

Jaco Visser (26) van Secunda was meer as twee jaar lank werkloos, maar toe kry hy vanjaar die geleentheid om te werk as ’n intern by ’n maatskappy wat myn- en fabriekstoerusting herstel. 

“Hy was baie bly toe hy die geleentheid kry,” sê sy ma, Annemarie. 

“Hy was lank moedeloos omdat hy nie werk gekry het nie en toe kom dié kans oor sy pad.”

Jaco het vir werk aangemeld, maar uitgevind om die kursus te voltooi, benodig hy persoonlike beskermingstoerusting. 

Jaco kry nie persoonlike beskermstoerusting nie
Jaco kry nie persoonlike beskermingstoerusting nie. Foto: Facebook

“Hulle het dit nodig om in die myne te kan afgaan en te werk in die fabrieke waar daar baie chemikalieë is. Hulle mag byvoorbeeld nie vlambare klere dra nie.”

Annemarie sê in hierdie stadium doen hy algemene take by die werk, maar hy wil bitter graag sy internskap voltooi. 

“Jaco is ’n vreeslike stil mens, maar baie gedrewe.”

Sy sê selfs om klere te koop en skoene vir hom te kry is ’n uitdaging. 

“Sy voete is van hak tot toon 34 cm en hy is 2,18 m lank. Dis geweldig moeilik om vir hom skoene en klere te kry.”

Annemarie hoop dat daar iemand daarbuite is wat Jaco kan help. 

“Ons hoop dat ons iemand of ’n maatskappy kan opspoor wat die toerusting spesiaal kan maak sodat Jaco eindelik sy internskap kan voltooi.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe