Volgens kapt. Anton Breedt, polisiewoordvoerder, was daar bewerings dat Jacomiena Swanepoel aan depressie gely het.

“Sy het van die sesde vlak van die parkeerarea afgespring,” het Breedt aan Huisgenoot gesê.

Swanepoel, wat in die noorde van Pretoria gewoon het, het haar lewe geneem net ná drieuur die middag geneem.

Die polisie kon nie bevestig of sy kinders het nie.

Die sentrum se bestuur het in ’n persverklaring hul meegevoel en simpatie betuig.

"Ons innige simpatie word aan die familie en vriende van die kliënt gestuur," het assistent bemarkingsbestuurder Chardae Jairus in die verklaring gesê.

Vir enige addisionele informasie kan kol. Terrence Naidoo van die Brooklyn polisiestasie by 012 366 1735/6 geskakel word of ’n e-pos kan aan Brooklyn-saps@saps.org.za gestuur word.