Die voorval het Dinsdag gebeur.

Volgens die polisiewoordvoerder, kapt. Solomon Sibiya, ondersoek beamptes van die Kagiso-polisiekantoor die saak, maar geen misdaad word vermoed nie.

Die eienaar van die kleuterskool het soos gewoonlik die kinders gevoed en hulle toe aan die slaap gesus.

“Die ma het die middag by die kleuterskool aangekom en besef iets skort met haar kind.

“Die baba is na die naaste kliniek gejaag, maar is reeds dood verklaar,” sê Solomon.

Dit oorsaak van die baba se dood is nog onbekend.