Sewe van die 15 onderwysers by die Laerskool Oak Street is swanger, waarvan een ’n tweeling verwag, berig Insider.

Ashley Miller, die hoof, sê sy was geskok toe die een ná die ander onderwyser hul swangerskap kom aankondig.

“Ek was natuurlik opgewonde, want dis wonderlike nuus,” het Ashley gesê. “Ná die derde een was ek ’n bietjie geskok, teen die vierde een was ek werklik geskok, met die vyfde een het ek nie geweet wat om te sê nie, en teen die sewende een moes ek myself daaraan herinner om haar geluk te wens, want my eerste woorde was: ‘Maak jy ’n grap?’”

Volgens ABC News het twee van die onderwysers reeds die lewe aan dogtertjies.

Drie van die vroue verwag dogtertjies en een ’n seuntjie. Die ander ma’s weet nog nie wat die geslag van hul babas is nie.

Die swangerskappe is gelukkig uitmekaar versprei en die onderwysers sal nie terselfdertyd met kraamverlof wees nie.

Die babas word tussen Maart en Oktober verwag. Die vroue is bly om hierdie spesiale oomblik te deel, wat verder bande in die hegte gemeenskap versterk het.

“Dis soveel pret om die ander mammas in die saal te sien en ons vra mekaar: ‘Hoe voel jy?’” sê Kelli Jo Sheahon, ’n gr. 4-onderwysers wat in Oktober ’n tweeling verwelkom.

“Ek dink nie baie ander mense kry daardie ervaring by ’n werk nie.”

Ashley het geskerts die skool moet deur ’n doekevervaardiger geborg word, berig Newsly.

"Wat ons werklik nou benodig is ’n borgskap van Pampers, Huggies of iemand.”

Bronne: Insider, ABC News, Newsly