Brandon Victor (19), die vermoorde Sharnelle Hough (17) se vriend, het Donderdag met skok gereageer nadat die verdediging in Xander Bylsma (20) se verhoor aangevoer het ook hy het geleentheid gehad om Sharnelle Hough (17), Xander se eksmeisie, en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), te kon vermoor.

Brandon Victor (18) vertel met trane in sy oë hy wou die vermoorde Sharnelle Hough op Saterdag 26 Mei 2018 vra om sy meisie te wees. Foto: Onkgopotse Koloti
Brandon en Sharnelle het planne gemaak om eendag A
Brandon en Sharnelle het planne gemaak om eendag Amerika toe te gaan om daar te boer. Foto: Facebook (Brandon Victor)

Brandon het ná sy getuienis in die hooggeregshof in Mmabatho met skok gereageer. 

“Dit maak seer,” het Brandon Donderdag aan Huisgenoot gesê. “Maar die Here weet wat die waarheid is.”

Van die laaste foto's van die paartjie is met hul laaste aand saam by die koshuis geneem.

Wyle Sharnelle Hough en Brandon Victor in hul laas
Wyle Sharnelle Hough en Brandon Victor in hul laaste ure saam. Foto: Verskaf
Wyle Sharnelle Hough en Brandon Victor in hul laas
Wyle Sharnelle Hough en Brandon Victor in hul laaste ure saam. Foto: Verskaf

“Ek het net in ’n stadium besef hy (Xander se advokaat, Sakkie Nel) sinspeel daarop dat ek kon betrokke wees. Dit is nie waar nie.

"Hy het my seker op ses verskillende maniere oor Xander se doen en late daardie dag uitgevra, maar ek kon nie daarop kommentaar lewer nie. Dit was vir my ’n skok, want ek was nie daar (by hom) nie. Ek het later net my hande in die lug gegooi. Ek het getuig wat ek weet,” vertel hy.

Brandon was verlede jaar daar in matriek.
Brandon was verlede jaar daar in matriek.

Brandon het getuig hy het gehoor toe Xander vir Sharnelle bel.

Volgens Brandon het Xander haar uitgevloek en gesê hy hoop “sy is tevrede met wat hy vanaand gaan doen”. Brandon het getuig hy het geweet Xander sou daardie aand koshuis toe kom om van Sharnelle se klere vir haar te bring.

Xander ontken hy het dit ooit gesê.

Brandon het in Huisgenoot se eerste onderhoud met hom in Februarie vanjaar bevestig hy het tot laat dié aand by Sharnelle en Marna gekuier en was by toe Xander vir Sharnelle die vorige aand gebel en gedreig het. Brandon het egter gedink Xander se dreigement het beteken hy sou homself leed aandoen.

Die boodskappe wat van Sharnelle Hough se foon na
Die boodskappe wat van Sharnelle Hough se foon na haar pa, Ronnie, se foon gestuur is. Die staat voer aan dit is eers na haar moord gestuur. Foto: Verskaf

Twee SMS’e is die oggend van Sharnelle se foon gestuur. Die staat voer aan sy was reeds dood toe haar moordenaar ’n foto van haar in haar onderklere aan haar pa gestuur het saam met die woorde: “Lief jou Brandon.”

’n Tweede boodskap het gelui: “Pappa ek is jammer ek en marna sal van die plek af weg gaan (sic)”.

Die koshuismoeder het daardie oggend op Sharnelle se lyk afgekom waar sy aan die trapreling gehang het. Marna se lyk is kort daarna op die badkamervloer ontdek. Sy het ’n handsakband om haar nek gehad. Die lykskouing het bevind albei is met ’n tou of iets soortgelyk verwurg.

Brandon sê aan Huisgenoot hy het net die waarheid vertel en met die hof oop kaarte gespeel.

“Ek was nie betrokke nie,” hou hy vol.

Wyle Sharnelle Hough en Brandon Victor in hul laaste ure saam. Foto: Verskaf
Wyle Sharnelle Hough en Brandon Victor in hul laaste ure saam. Foto: Verskaf
Wyle Sharnelle Hough en Brandon Victor in hul laaste ure saam. Foto: Verskaf

Hy het toe vertel hy sou Sharnelle op die dag van haar moord amptelik uitgevra het. Sy en Marna het die dag in die koshuis agtergebly omdat hulle saam met die rugbyseuns se bus ’n geleentheid na Koster sou kry, waar hulle sou rugby speel en Sharnelle se ma, Sonja, bly.

Brandon het vroeër aan Huisgenoot vertel hy en Sharnelle was jare lank vriende, maar hy het eers sy ware gevoelens in die weke voor haar dood met Sharnelle gedeel toe sy en Xander in die maand voor die moord uitmaak. 

Die staat voer aan Xander was jaloers op dié nuwe verhouding.

Brandon het sedert Huisgenoot se vorige onderhoud met hom op hete kole gewag om te getuig en hy is verlig dit is nou verby.

“Ek voel ek kan die gebeure nou agter my sit en probeer vorentoe kyk na die toekoms. Ek glo die waarheid sal in die hof uitkom.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.