Lee (20) het op 4 Januarie vermis geraak en haar verkoolde lyk is verskeie dae later in ’n suikerrietveld gevind.

Die polisie sê die verdagte is Woensdagaand in sy woning in Hillcrest, wes van Durban in hegtenis geneem.

“Hy sal aangekla word van ontvoering en moord en binnekort in die hof verskyn,” het kol. Thembeka Mbele gesê.

Die polisie het onverpoosd aan die ondersoek gewerk.

“Ons wil net die lede van die familie bedank omdat hulle nie tot met die inhegtenisneming druk op die polisie geplaas het nie, want die polisie is opgelei om inligting op te volg en dan in hegtenis te neem nadat alle ondersoeke gedoen is,” sê sy.

Sy sê die ondersoeke is nog in ’n vroeë stadium en hoewel die polisie glo hulle het die hoofverdagte in hegtenis geneem, is dit onduidelik of meer arrestasies gemaak sal word.