Onrus in Suid-Afrika:

Spanning rondom grondonteiening sonder vergoeding kan oorgaan tot geweld, voorspel ’n heldersiende Brit, Craig Hamilton- Parker.

“Ek dink nie dit gaan ’n totale inploffing wees nie, maar dit sal internasionale nuus haal.”

Ter illustrasie. Foto: Getty Images
Theresa May en Boris Johnson. Foto: Getty Images

Hy voorspel daar gaan bewerings van stemknoeiery rondom die verkiesing wees.

“Ek sien ’n onstuimige tydperk vorentoe, maar die land kom daardeur.”

Trump word siek:

Craig voorspel pres. Donald Trump gaan ’n ruk lank te siek wees om te werk, met “iets soos ’n geperforeerde derm, maar nie lewensbedreigend nie”. Hy voeg by: “Daar sal nuwe skandale rondom Trump wees, maar pogings om hom in ’n staat van beskuldiging te stel gaan misluk. Hy gaan ’n tweede presidentstermyn kry.”

Pres. Donald Trump. Foto: Getty Images
Pres. Donald Trump. Foto: Getty Images

Ook die Amerikaanse siener Cheryl Lynn voorspel Trump gaan siek word. “Ek sien ’n diagnose, maar hy sal dit privaat hou. Glo my, hy gaan nie daaroor twiet nie. Hy sal nie so manies wees soos in 2017 en 2018 nie. Ek sien hom as president aanbly.”

Britse premier waai:

Theresa May en Boris Johnson. Foto: Getty Images
Theresa May en Boris Johnson. Foto: Getty Images

Theresa May gaan bedank weens Brexit en sal deur die omstrede politikus Boris Johnson vervang word, voorspel Craig.

Drama met die Russe:

Trump sal pres. Wladimir Poetin van Rusland oor sy betrokkenheid by die Siriese burgeroorlog konfronteer, en ’n groot meteoriet gaan Rusland op ’n afgeleë plek, moontlik Siberië, tref, voorspel Craig.

Oproer in China:

Ter illustrasie. Foto: Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Getty Images

Die Oosterse supermoondheid gaan in ’n resessie verval en geweld gaan in die strate heers, sien Craig.

Nuwe kernbedreiging:

Nee, nie al weer Noord-Korea nie. Dis moontlik ’n Midde-Oosterse land, soos Iran of Irak, wat kernboelie sal speel, sien Cheryl.

Wegholbrande in Australië:

Reuseveldbrande gaan ’n chaos veroorsaak, veral rondom die hoofstad, Canberra, sien Craig.

Natuurrampe:

’n Aardbewing. Foto: Getty Images
Foto: Getty Images

Cheryl voorspel ’n reuseaardbewing sal Kalifornië in 2019 of 2020 ruk.

“Ek sien ook ’n vulkaan of aardbewing wat Fidji uitmekaarskeur.”

Julian Assange laat spaander:

Julian Assange. Getty Images
Julian Assange. Getty Images

Die WikiLeaks-stigter gaan die chaos van ’n straatprotes in Londen as ’n geleentheid gebruik om uit die Ecuadoriaanse ambassade te vlug, voorspel Craig.

Hy skuil sedert 2012 daar om te verhoed dat hy aan Swede uitgelewer word, waar hy van seksuele aanranding beskuldig word.

Gewilde wêreldleier sterf:

Cheryl voorspel: “Ek sien mense rou . . .”

Koningshuis op sy kop gekeer:

Die Britse siener Sally Morgan onthul rangorde in die koningsgesin gaan verander.

“Ek sê nie ‘dood’ nie, maar ek dink iemand sal opsystaan,” sê sy.

Seuntjie vir Harry en Meg:

Die Amerikaanse siener Betsey Lewis – wat in Junie 2017 voorspel het dat prins Harry met Meghan Markle gaan trou en vroeg in 2019 ’n baba gaan hê – het nou ook die kind se geslag voorspel.

“Dit gaan ’n seun wees,” sê sy.

prins Harry met Meghan Markle
Foto's: Getty Images

Die Australiese siener Kerrie Erwin voorspel egter Harry en Meghan se huwelik sal begin verbrokkel.

“Ek gee dit dalk vyf jaar. Ek voel daar gaan baie persoonlike goed tussen hulle aan, want hulle is twee sterk individue. Dit lyk nie goed nie.”

Bekendes in selfdoodpakt:

Craig voorspel verder ’n glanspaar gaan hul eie lewe neem in ’n selfdoodpakt.

BRONNE: WHITEROSEPRODUCTIONS.COM, SUN.CO.UK, DAILYMAIL.CO.UK, WWW.PSYCHICS. CO.UK