Susan Allen en haar seun Travis het op 9 Mei in haar afslaankapmotor by ’n rooi verkeerslig in Kelowna, Kanada, stilgehou toe ’n vliegtuig oor hul kop vlieg. Sy beweer menslike ontlasting het uit die vliegtuig op haar motor en in haar oë geval. Susan sê sy het pienk-oog opgedoen van die ontlasting wat in haar oë beland het. 

Volgens haar het ontlasting en toiletchemikalieë op haar motor neergereën by die verkeerslig toe die vliegtuig oor hulle vlieg. 

Hulle was nie die enigste slagoffers van dié grillerige "reën" nie. Die motor langs haar was glo ook vol ontlasting.

Susan het aan Vice ’n mediese sertifikaat gewys waarin die dokter bevestig sy het pienk-oog opgedoen omdat sy "in aanraking was met riool".

“Dit was oral in my motor, oor die sitplekke, in my gesig en in my hemp af,” sê Susan. “Dit was afskuwelik!”

Die reuk was so erg dat haar 21-jarige seun, Travis, onmiddellik begin opgooi het. 

CTV berig ’n ander man se motor is dae later in Vancouver, Kanada, ook met toiletriool uit 'n vliegtuig bevuil. 

Susan sê sy soek vergoeding vir haar seer oë en die ongerief. Transport Canada ondersoek die voorval. 

Bronne: Vice, Mashable, CTV