Suid-Afrika se geliefde prinses van Afrikaanse popmusiek, Karlien van Jaarsveld, deel skattige foto’s van haar en die tweeling se kuier by die dieretuin.

“Dieretuindag met hierdie skatties,” het Karlien by die foto’s van haarself, ’n vriendin en die kinders op haar Instagram-profiel geskryf.

Zooday with these loves @suna1suna1

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Karlien en haar vriendin Suna Roberts, ’n grimeerstilis, het Woensdag albei foto’s van dié uitstappie in sosiale media gedeel.

Die skattige foto’s van die blondekoptweeling, Daniël en Eliah, wys hoe groot die seuns geword het. Die twee sal later vanjaar vyf jaar oud wees.

Karlien, Daniël en Eliah en Karlien se vriendin deel skattige fotos van hul uitstappie na die dieretuin. Foto: Facebook.

Karlien se Instagram-inskrywing het in minder as ’n dag byna 4 000 trefslae gekry.

Aanhangers kon nie oor haar nuwe korter kapsel uitgepraat raak nie en het dit as asemrowend beskryf.

Sommige aanhangers het Karlien ook oor haar denimbroek gekomplimenteer en baie wou natuurlik weet waar sy dit gekoop het.