Die twee, wat al ’n paar keer saam uit was, het glo saamgewerk aan Anna se fliek Overboard, wat eersdaags uitgereik word.

Sy en haar man van agt jaar, die akteur Chris Pratt (38), is twee maande gelede uitmekaar. Anna, wat ’n seun, Jack (5), saam met Chris het, sê hulle is nog “ongelooflike vriende”, al is hulle uitmekaar.

Michael Barrett in 2003 met ’n kinematografieprys wat hy vir CSI: Miami gewen het.

“Ons aanbid mekaar en is lief vir mekaar. Ek dink dit skemer nog deur,” het sy aan die tydskrif People gesê.

Foto's: Greatstock/Backgrid, Gallo Images/Getty Images