Die Wake Me Up-ster is Vrydag op 28 dood in Oman aangetref en sedertdien het mense en bekendes reg oor die wêreld hul medelye uitgespreek.

“Dit is met groot hartseer wat ons die verlies van Tim Bergling, ook bekend as Avicii aankondig,” het woordvoerder Diana Baron in ’n verklaring gesê. 

“Hy is Vrydag 20 April dood aangetref in Maskat, Oman. Die familie is verpletter en ons vra almal om hulle behoefte aan privaatheid in hierdie tyd te respekteer in hierdie moeilike tyd. Geen verdere verklarings sal uitgereik word nie,” het sy uitgebrei.  

Dit is welbekend dat hy gesondheidsprobleme ondervind het. Hy het aan akute pankreatitis gely. In 2014 moes hy talle vertonings uitstel om aan te sterk nadat sy galblaas en blindederm verwyder moes word. 

Die jong Sweed word wyd beskou as een van die mees suksesvolle musikante van die afgelope dekade. 

Die ster het in 2011 sy eerste internasionale deurbraak gemaak met Levels – ’n lied waarvoor hy onder meer ’n Grammy-nominasie ontvang het. 

Meer onlangs het hy supersukses bereik met elektro-dansliedjies soos Wake Me Up – wat talle hoëprofiel soos die pryse gewen het – en sy liedjie Lonely Together in ’n saam met die popliefling Rita Ora. 

Luister hier na Avicii se musiek ter nagedagtenis aan die jong kunstenaar se gevierde loopbaan.

Bronne: BBC, Billboard, Variety