Hy het die skoknuus met sy aanhangers op sy app en in die sosiale media gedeel.  

In die video sê AB hy is moeg en wil nou ander spelers ’n beurt gun. 

Hy het Dinsdag ook ’n video op sy Instagram-profiel gedeel waarin hy sy aangehangers, veral dié in Indië, verskoning vra vir sy span, die Royal Challengers Bangalore, se teleurstellende vertoning in vanjaar se Indiese Premierliga-seisoen. 

Thanks to all our fans for always standing right behind us! #RCB

A post shared by AB de Villiers (@abdevilliers17) on

Die span se kaptein, Virat Kohli, het in ’n onlangse onderhoud gesê dis onbillik om altyd te verwag dat AB, die span se sterkolwer, die wa deur die drif moet trek. 

Daar was al vantevore gerugte dat hy wou uittree, maar na bewering het Krieket Suid-Afrika hom telkens oortuig om aan te bly. 

AB was onlangs weer in die nuus vir ’n ongelooflike vangskoot in sy laaste wedstryd vir die Royal Challengers Bangalore. 

Bykomende bronne: CricInfo, Times of India