Dit was tot Florida se polisie ’n nuwe brokkie inligting bekom het, wat in Desember 2017 ’n skokkende einde aan die verdrinkingsteorie gebring het: Die polisie het Mike se oorblyfsels gevind. Hy het nie verdrink nie, hy is vermoor . . .   

Dinsdag is ’n verdagte op die Universiteit van die Staat Florida se kampus in hegtenis geneem en word nou aangekla van moord, sameswering tot moord en aandadigheid aan Mike se dood. Sy kan ook van versekeringsbedrog aangekla word.

Wie is die verdagte?

Dis niemand minder nie as Mike se blondekopvrou, Denise Williams (48), die ma van hul 18 maand oue dogtertjie en sy hoërskoolliefde, saam met wie hy die volgende dag hul sesde huweliksherdenking sou gevier het.

Hy wou glo net op die dag van sy verdwyning op sy eie ’n paar eende op Lake Seminole gaan skiet voor hy en Denise die dag daarna ’n romantiese aandjie in Apalachicola sou deurbring.

Maar sy is nie al verdagte nie.

Mike se beste vriend, Frank Winchester, is glo die man wat nege maande lank saam met Denise planne gesmee het om van haar man ontslae te raak.

Was geld of liefde die motief?

Hy was ook die persoon wat ses maande voor Frank se dood ’n lewensversekeringspolis aan hom verkoop het, een wat Denise ses maande ná sy verdwyning en nadat sy hom dood laat verklaar het, amper R25 miljoen in die sak gebring het. En luidens berigte was dit ook Brian wat die sneller getrek het om Mike se lewe kort te knip.

Frank Winchester. Foto: YouTube-skermgreep (Inside Edition).


Boonop het die twee vyf jaar ná Mike se verdwyning getrou. Maar die huweliksbootjie het in troebel water beland en in 2016 was die twee op pad na die skeihof, vier jaar nadat hulle van mekaar vervreemd geraak het.

Brian, bang Denise verklap hul duister geheim ná die egskeiding, het in 2016 in haar motor weggekruip en haar met ’n vuurwapen gedreig.

Volgens Fox News het Brian ook ’n plastiek seil, ’n bottel bleikmiddel en gereedskap by hom in die motor gehad. Hy wou hê sy moes na ’n afgeleë bestemming ry, maar Denise kon hom van sy plan laat afsien.

Hy is op 19 Desember 2017 vir 20 jaar tronk toe gestuur weens die ontvoering van sy vervreemde vrou, dieselfde vrou wat tydens die hofverrigtinge by die regter gepleit het om hom in die tronk te hou uit vrees vir haar lewe en haar dogter se veiligheid.

Die gruvonds

Is dit blote toeval dat Mike se oorblyfsels, verstrengel in die onkruid naby Lake Seminole, op 20 Desember 2017 gevind is, net ’n dag nadat Brian gevonnis is?

Cheryl Williams, Mike se ma, glo vas Denise of Brian gaan bes gee.

“Kort voor lank sal een van die twee teen die ander draai.”

Dit is vir haar bitter moeilik om die feit te verwerk dat haar seun se oorblyfsels die afgelope 17 net sowat 8 km van haar af versteek was.

“Ek het die hele tyd bly hoop . . . Ek weet nie hoe ek al die jare daarsonder sou oorleef het nie. Hy was ’n goeie mens; hy het dit nie verdien nie. Nou is my volgende taak om almal wat by sy moord betrokke is, in die tronk te laat beland,” het sy aan ’n plaaslike nuusdiens, WCTV, gesê.

Jack Campbell, die staatsaanklaer, sê na gelang van waarheen die getuienis en bewyse hulle lei, kan nog verdagtes moontlik aangekeer word.

Tog dink Tim Jansen, Brian se regsverteenwoordiger, nie sy kliënt sal aangekla word van die moord op Mike nie. Hy sal wel "eerlik getuig" vir immuniteit en as hy gedagvaar word om in die hof te wees.

Denise bly in aanhouding en borg sal nie aan haar toegestaan word nie. Sy het Woensdag in die hof verskyn.

Bronne: wctv.tv, orlandosentinel.com, heavy.com, wfla.com, tallahassee.com