Kol. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, sê daar word nog op die uitslag van die nadoodse ondersoek gewag om te bepaal of sy dood gekoppel kan word aan die houe wat deur boelies aan hom toegedien is.

“Verlede Vrydag is hy weer geboelie. Hy het Dinsdag oor intense hoofpyne gekla en nie weer skool toe gegaan nie.

Die seun is na bewering op 4 September aangerand waarna die voorval aan die skoolhoof rapporteer is.

Sy bedroefde ma het aan Benoni City Times gesê hy, asook sy broer, is deur 'n onbekende skoolseun geslaan terwyl twee ander hom aangehits het om dit te doen.

Gedurende die vyfde periode op 15 September het die drie verdagte boelies 'n sokkerbal na hom geskop wat hom in die gesig getref het.

Die afgelope naweek het hy van kopseer gekla. Dinsdag het haar dogter (16) haar gebel en gesê haar seun is besig om blou in die gesig te raak.

"Toe ek ongeveer 13:30 tuis kom, was my seun reeds dood."

Hoe weet jy of jou kind ’n boelie is?

Beantwoord as ouer die onderstaande vrae om vas te stel of jou kind dalk aan boeliegedrag skuldig is:
• Word jou kind by die huis aan geweld en alkoholisme blootgestel?
• Dra jou kind trauma in hom of haar rond wat nog nie verwerk is?
• Sukkel jou kind om te erken as hy of sy foute maak?
• Terg jou kind ander kinders?
• Is jou kind gedurig buierig?
• Sukkel jou kind om sy of haar gevoelens te wys?
• Sukkel jou kind om hom of haarself te handhaaf?
• Is daar enige skoolklagtes van die onderwysers en hoof se kant?

As jy meestal ja geantwoord het op die bogenoemde vrae, is daar ’n moontlikheid dat jou kind ’n boelie kan wees. Gaan sien so gou moontlik iemand om die probleem te pak.
   

Hoekom word ’n mens geboelie?

“Daar is ’n rede hoekom die een kind die boelie is en die ander een geboelie word,” sê die opvoedkundige sielkundige Tania Holz van die Oos-Rand. Sy en Sarie noem die volgende faktore wat van kinders teikens maak:

  • Oorbetrokke ouers: Die ouers is besitlik op hul kinders en is letterlik betrokke by alles, selfs by aktiwiteite waar hulle nie welkom is nie. Sulke oorbeskermende ouers kan hul kinders oppiep.
  • Hulle gaan gebuk onder herhaalde emosionele krisisse.
  • Hulle het ’n liggaamsbou wat kleiner, groter of anders is en hulle laat uitstaan. Dit lei tot selfbeeldprobleme oor hul lyf.
  • Hulle blink uit in sport sowel as akademies.
  • Hulle is gewoonlik skaam en weet nie hoe om terug te baklei nie.
  • Sulke kinders het min of geen vriende.

Kry hier hulp:

  • Lifeline: 086-132-2322
  • Childline: 080-005-5555
  • Stop Misdaad: 086-001-0111
  • Depressie-en-angshulplyn: 011-262-0348

Bronne: benonicitytimes.co.zasarie.co.za, huisgenoot.com, news24.com