Baie Amerikaners sit met hul hande in die hare oor Donald Trump; die Britte raak benoud oor Brexit.

Hoe raak hulle van hul frustrasie ontslae?

Hulle lag hulle laste af – met grapgeskenke wat nie net die draak steek met politieke pierewaaiers nie, maar ook ’n paar sente laat inrol.

Dié Trump-toiletborsel is ’n treffer. En daar is natuurlik ’n hele rits ander gekhede wat deur die Amerikaanse opperhoof geïnspireer is.

Anderkant die Atlantiese Oseaan is daar ook ’n skare Europeesgesinde Britte wat hul landgenote wil bykom oor die Brexit-bevalling.

Hier is ’n paar voorbeelde van Amerikaanse en Britse ondernemingsgees:

  • Trump-koffiebekers (of covfefe-bekers . . . die president sal nooit die einde hoor van sy Twitter-glips toe hy oorhaastig oor ‘negative press coverage’, wou gal braak nie)

  • ’n T-hemp vir die Kerskous
Facebook/etsy.com

  • Oorklappe teen politici wat jou oogklappe probeer aansit

  • ’n Rugkrapper soos min

  • ’n Ekstra spesiale speldekussing

  • ’n Slaansak

  • ’n Gedenkmunt van die man wat regtig die trom slaan in Washington DC


  • Iets vir almal wat na Bernie Sanders verlang

  •  ... en na Barack Obama
Facebook/etsy.com

  • ’n Gids vir iedereen wat verward is oor die resultate van Brittanje se 2016-referendum

  • ... en ’n T-hemp wat dit vir jou mooi uitstippel

  • Hondespeelgoed geïnspireer deur Jeremy Corbyn, Theresa May en Boris Johnson

  • ’n Versapper vir Duitsers wat ook al ’n ruk ontevrede is oor hul leier

BRONNE: ETSY.COM, REDBUBBLE.COM, FACEBOOK, TWITTER