Die Joods-Amerikaanse wiskundeprofessor Ari Nagel (42), van New York, met die bynaam The Sperminator, het net in die afgelope 10 jaar 33 kinders verwek, sê The Times of Israel

Die New York Post het gister berig ’n vrou het Nagel in Desember na Israel laat vlieg sodat hy by ’n privaatkliniek kon sperm skenk en vries. 

Nagel beweer ’n werknemer van die kliniek het sy monster later vernietig en hom ingelig hy sou weens hul wette oor anonimiteit nêrens in die land meer kon skenk nie.

In Israel mag spermskenkers en -ontvangers nie mekaar as identiteit weet nie. Uitsonderings word gemaak wanneer die spermskenker instem om saam met die ma ’n mede-ouer te wees, wat Nagel blykbaar in dié geval gedoen het.

“Daar’s ’n lys vir mense wat nie mag skenk nie – en ek is die enigste mens op die lys,” kla Nagel.

Ses vroue van Tel Aviv wat spermskenkings by Nagel gekry het, het nie meer toegang daartoe nie, al het hulle jaarlikse stoorgeld van sowat R19 000 (sowat $1 400) betaal.

“Hulle huil heeltyd by my,” beweer hy.

Nagel sê hy ontvang versoeke vir skenkings van oral in die wêreld en vra nie geld vir die gebruik vir sy sperm nie, al is hy al minstens vyf keer om onderhoud gedagvaar. 

Bronne: Nypost.com, Timesofisrael.com