Die BabyCenter het onlangs ’n lys uitgereik van wat hulle voorspel die mees byderwetse name vir 2019 sal wees. 

Van uniek en ongewoon tot klassiek en bekend; dié babaname sal na verwagting die gewildste wees:

 TV-programname

Die name Aria/Arya uit die trefferreeks Game of Thrones is vir die eerste keer onder die top-10. Name soos Julia en David uit die BBC se Bodyguard het ook die lys gehaal.

Terug na die 1970’s Brian, Barry en Patricia maak almal weer ’n verskyning, asook Cliff, Christine en Susan. 

Vakansiebestemmings

Die BabyCenter voorspel ook name van verre bestemmings sal in 2019 ’n groot treffer wees. Name soos Cairo, Dallas, Israel en India het almal gewilder geword. 

Strokiesinspirasie

Die naam Peter, afkomstig van die karakter Peter Rabbit, sal na verwagting boaan die lys wees. Name soos Ryder, Chase, Marshall en Rocks uit die kindertreffer Paw Patrol sal na verwagting volgende jaar aandag trek.  

Bronne: BabyCenter, Metro, Baby Gaga