Regter Gayaat Salie-Hlope het adv. Graham van der Spuy Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad oor die kneukels geraps nadat hy vir die soveelste keer beswaar gemaak het teen stellings van adv. Louis van Niekerk, die staatsaanklaer.

“Hou nou asseblief op daarmee,” was haar ferm reaksie toe Van der Spuy weer beswaar aanteken teen ’n nutsman van Spier, Desmond Daniels, se weergawe oor hoe Susan gevind is.  

Perumal het toegegee dit is moontlik dat Susan nie gehang het nie, maar dat haar voete wel plat was ooreenkomstig Daniels se getuienis.

Die saak gaan Woensdag voort.

Ses dinge wat jy moet weet van die Spier-dood
  • Moord of selfdood? Die elektriese koord van ’n haartang was om haar nek en aanvanklik is haar dood as selfdood beskou. Die staat voer aan sy is met die kaal hande verwurg, terwyl Jason se span sê sy het haar eie lewe geneem.
  • Die eerste nadoodse ondersoek: Op 26 Julie 2016 word die eerste nadoodse ondersoek deur dr. Akmal Coetzee-Khan, ’n forensiese deskundige vir die staat, op Susan uitgevoer. In sy verslag word na bewering verwys na krapmerke onder haar kakebeen, ’n fraktuur aan haar skildklier “wat op verwurging met die hand” kan dui, beserings aan haar gesig en lyf en frakture aan haar ribbes, wat suggereer dat sy voor haar dood geslaan is.
  • Krapmerke aan Jason se rug: Op 28 Julie 2016 word Jason deur speurders van Stellenbosch se eenheid vir ernstig geweldsmisdade na die kliniese forensiese eenheid van ’n Kaapse hospitaal vir ’n mediese ondersoek geneem.
    Dr. Marianne Tiemensma vind twee oppervlakkige krap- of liniêre merke aan sy rug. Die boonste een was 20 mm lank en 1 mm breed. Die een reg onder dit was sowat 30 mm lank en ook 1 mm breed. Die krapmerke het nog nie tekens van genesing getoon nie.
  • 'n Tweede nadoodse ondersoek: Op 1 Augustus 2016 ondersoek ’n onafhanklike forensiese deskundige, dr. Reggie Perumal, weer Susan se lyk. In die verslag word glo ook ’n diep, nuwe kneusing aan haar tong uitgewys. Haar ribbes, twee tot vyf aan haar linkerkant en drie tot ses aan haar regterkant, asook ’n gedeelte van haar borsbeen, was gebreek.
  • Vroegoggend-inhegtenisneming: Omstreeks sesuur die oggend van 23 Augustus 2016 word Jason by die gesin se huis in Randburg in hegtenis geneem in verband met die moord op Susan.
  • Wie is Jason Rohde? In daardie stadium was hy die uitvoerende hoof van Geffen International Realty Franchises, ’n afdeling van Sotheby’s.