Klein Mienke Mulder soos ons haar sal onthou. Foto
Klein Mienke Mulder soos ons haar sal onthou. Foto: Facebook

Ryno Mulder, pa van klein Mienke, wat Woensdag 16 September in haar die gesin se huis in Benoni aan die Oos-Rand, in haar slaap oorlede is, het op die vooraand van sy jongste dogter se gedenkdiens ’n roerende huldeblyk geskryf. 

Die huldeblyk was nie net aan sy pragtige kind gerig nie, maar ook aan sy vrou, Verna, wat oor die jare onbaatsugtig was en net die beste vir Mienke wou hê.

Daar was nooit enige onderskeid tussen Mienke en haar ouer sussies, Zamoné (4) en Leané (7) nie.

Mienke het in 2017 breinskade opgedoen nadat sy by haar eertydse dagsorgsentrum in Mbombela aan melk verstik het. Sy was in die jare daarna serebraal gestremd. Haar ouers moes haar soos ’n baba versorg aangesien sy nooit soos haar sussies sou kon leer loop, hardloop, sing of dans nie.

Steeds was sy met haar oop lagbekkie ’n vreugde wat mense deur haar ouers se foto's en video's leer ken het.

Ryno het kort ná Mienke se dood aan Huisgenoot gesê: “Ouers is veronderstel om verjaardagpartytjies te reël, nie begrafnisse nie.”

Maar wanneer Mienke se afskeidsdiens op 29 September op haar ondersteuningsblad, Please pray for Mienke, met ’n fotovertoning begin, sal talle mense kan inskakel om haar lewe te vier. Omstreeks 11:00 sal haar diens amptelik begin.

Klein Mienke Mulder se afskeidsfoto. Foto: Faceboo
Klein Mienke Mulder se afskeidsfoto. Foto: Facebook

Die ouerpaar het Mienke, wat veras gaan word, se gedenkdiens so gereël aangesien daar te midde van die covid-19 net 100 mense die diens in Benoni aan die Oos-Rand sal mag bywoon.

Ryno het sy indrukke van die kerk in die roerende inskrywing bewoord:

“Ek stap vanmiddag by die kerk in, my eerste gedagte wat opkom, is uit ’n sprokiesverhaal, Mienks . . . Mamma het werklik iets spesiaal bymekaargesit ter gedagte aan jou. Jy sal saam met my stem dat sy haar roeping gemis het, want sy het net ’n gawe om ’n gedagte te omskep in ’n  verhaal deur middel van haar deursetting(svermoeë) en initiatief.

Mienke en haar ma, Verna.
Mienke en haar ma, Verna.

"Dit lyk waarlik sprokiesmooi! Die rose staan soos soldate op aandag vir jou, dit spreek boeke en boeke vol van die liefde en memories.

"Jou foto’s, die hele kerk vol, los my met ’n  knop in my keel wat die 'sinus' wil laat bars soos ’n volkaan uit my uit. ’n Hele span werk non-stop na perfeksie, want dit is wat jy vir ons was my bruinoog-feëprinsessie, net perfeksie.

Baba Mienke Mulder. Foto: Facebook / Please Pray f
Baba Mienke Mulder. Foto: Facebook / Please Pray for Mienke

"Ek vind myself vir ’n oomblik by ’n tafeltjie met al jou gunsteling-goed. Een van die items is die eerste kleertjies wat jy aangetrek het toe jy gebore was. Ek onthou dit soos gister, want dit was net amper gister wat jy gebore was.

"Die trane kon ek net nie meer keer nie, want ek sien daai dag in my kop, ek onthou daai gevoel toe ek jou die eerste keer vas kon hou. So wens ek in my siel dat die tyd saam jou net nog bietjie langer kon wees, want my hart en gees is nog nie reg vir die koebaai nie.

"Ek het jou op die 15de September nog ’n lekker goodnight kiss gegee op jou kop in die bed, min wetend dit my laaste sou wees. Hoe moet ek vergeet hoe lekker jy daai aand by my gelê het vir ’n rukkie tot jy aan die slaap raak, dat dit die laaste keer sou wees?

 Baba Mienke is gestremd gelaat na sy aan haar mel
Baba Mienke is gestremd gelaat na sy aan haar melk verstik het.

"My Engeltjie, jy was vir my en Mamma meer as perfek, jy was baie uniek en ons het jou sommer baaaaie lief gehad nes jy is. Met hart en siel mis ek jou, tot my laaste haar bibber as ek huil vir jou. Daar is 'n seer in my, mamma en jou sussies wat buite beheer is. Mienke, dis rou, dis seer, dis sommer net als. Hoe doen ’n ouer dit?

"Ek mis om met jou te gesels of om jou sommer net lekker op te rof met baie kielie, speel en net silly wees tot jy uit jou magie lag! Jou stem is stil in die huis en sommer net orals, jou plekkie is leeg. Jou betowerende giggle mis ons almal, even die woofies . . .

"Die ure stap stadig aan, maar ons hartjies bly stilstaan, jou sussies se vragies is soms moeilik om te antwoord. Maar soos jy vir Pappa ken, verander die antwoord sommer gou-gou in 'n lag, want ons is ook bly vir jou.

Klein Mienke Mulder Foto: Facebook
Klein Mienke Mulder Foto: Facebook

"Ek is seker jy ry sommer al klaar jou fiets sonder daai kant wielietjies, en ek is seker sou jy val, word jy gou opgehelp en getroos, en as jy 'n eina het hoop ek iemand staan reg met ’n fairy-pleister, ek is so jammer dat in jou tyd op aarde ek nie die een kon wees wat al hierdie goed met jou deel nie.

"Ek is so jammer dat jou tyd op aarde, ek nie die een kon wees wat al hierdie goed met jou kon deel nie. Ek is jammer dat ek jou nie kon beskerm teen jou toestand nie. Jammer ek kon jou nie beskerm by die dagmoeder nie. Jy het so hard gewerk met als wat ons kon probeer.

"Dit was vir my só cute toe jy jou bene wil gebruik. Saam het ons gelag, saam het ons gehuil. Dié pappa en mamma se trane is lank. Ek mis jou my pragtige pop...

Baaie Pappa soene!

Jou dad!”