Xander (19), die vermeende moordenaar van sy eksvriendin, Sharnelle Hough (17) en haar boesemvriendin, Marna Engelbrecht (16), se verhoor moes Maandag in die hooggeregshof in Mmabatho, Noordwes begin, maar die staat het aangedui die verdediging het om ’n uitstel aansoek gedoen.
#XanderBylsma word aangekla van die moord op twee boesemvriendinne, Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht https://t.co/EeSqGsHhtS pic.twitter.com/YpwOXfzoLg
— Huisgenoot (@huisgenoot) March 4, 2019
Die pad vorentoe vir die verhoor sal eers Donderdag bepaal word. Huisgenoot het betroubaar verneem die bandopname voorspel niks goed vir Xander se verhoor nie.
“Dit is die einde van die teerpad vir my,” is al wat ’n emosionele Mercia oor haar seun se verhoor wou sê.
“Van hier is dit grondpad.
“Maar my Worsie is positief.”
Die staatsaanklaer adv. Johan Smit SC het aangedui ’n sleutelgetuie het die bandopname Maandag verlede week onder sy aandag gebring.
Hy het nie die verdediging se aansoek om uitstel tot Donderdag 7 Maart teengestaan nie. Die verdediging het tyd nodig om deur die opname te gaan.
Xander word daarvan aangekla dat hy Sharnelle en Marna, wat ook sy kleinniggie is, onder voorbedagte rade in die oggendure van Saterdag 26 Mei in hul skoolkoshuis van die Hoërskool Stella vermoor.
Xander, wat aansienlik maerder as voorgeen gelyk het, se pa, Monte was ook in die hof om sy seun te ondersteun. Hy het sy seun se rooi das by hom vat toe Xander dit ná die verrigtinge afgehaal het.
“Ons moet seker maar oukei wees,” is al wat Monte oor sy seun se verhoor wou sê.
Ronnie Hough, Sharnelle se pa, en verskeie ander familielede van hom en Marna was ook in die hof. Party het t-hemde met die meisies se gesigte opgehad met die slagspreuk: “Geregtigheid vir Sharnelle en Marna”.
Ronnie was nie baie geneë met die uitstel nie.
Kom neem deel aan die gesprek! Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET