Dit kom ná 'n voorval van hoogdrama Maandag buite Hofsaal C in die Noordwes-hooggeregshof in Mmabatho.

Kort nadat regter Ronald Hendricks vir Xander (20) aan twee aanklagte van moord met voorbedagte rade op die gr. 11-leerders Sharnelle Hough (17) en Marna Engelbrecht (16), skuldig bevind het, het sy pa, Monté, opgespring.

Monté het oudergewoonte sy seun se das gebring omd
Monté het oudergewoonte sy seun se das gebring omdat dasse nie agter tralies toegelaat word nie. Foto: Papi Morake

Huisgenoot was in die hof toe Monté na Chris vinger gewys het om hom buite te kry en uit die hof gestorm het.

Chris Saunders, die privaatspeurder
Chris Saunders, die privaat speurder

Buite die hofsaal het Monté na bewering die ondersoekbeampte in die saak, kapt. Markus Ferreira, eerste aangetref en in die gesig geslaan. Hy hy teruggeval teen die stoele wat buite die hofsaal gestaan het.

Monté het glo toe kol. Corrie Koghlan, wat Xander se bekentenis aan die polisie op Saterdag 26 Mei 2018 afgeneem het, “rondgepluk”. Toe Chris uitgestap kom, het hy hom glo met sy vinger teen sy bors gedreig: “Ek kom vir jou ook!”

Kol. Corrie Kochlan voor wie Xander Bylsma die bekentenis afgelê het. Foto: Deaan Vivier
Kapt. Markus Ferreira
Kapt. Markus Ferreira, ondersoekbeampte in die Bylsma-saak, Maandag in die hooggeregshof in Mmabatho. Foto: Felix Dlangamandla

Chris, 'n privaat speurder van Crime Busters op Hartswater, het Woensdag aan Huisgenoot bevestig, hoewel hy “die dreigement” nie ligtelik opgeneem het nie, dat hy daarna “mooi oor die saak gaan sit en dink het”. Hy vertel die oggend voor die verrigtings het Monté hom nog beleefd gegroet.

“Ek dink nie Monté het die uitslag verwag nie. Hy was geskok. Ek sou dalk ook so opgetree het.”

Aangesien Chris glo dít ’n emosionele reaksie van skok was, het hy besluit om nie die saak verder te voer nie.

“Ek kan nie vir die ander (Ferreira en Koghlan) praat nie. Hulle is albei wetstoepassers van die staat. Hulle kan dalk anders voel, maar dit is wat ek besluit het.”

Die boesemvriendinne Marna Engelbrecht (links) en
Die boesemvriendinne Marna Engelbrecht (links) en Sharnelle Hough was onafskeidbaar voor hulle op Saterdag 26 Mei 2018 vermoor is.

Al drie mans het ná die voorval verklarings aan die polisie afgelê.

Die voorval is glo deur die hof se kringtelevisiekameras vasgelê en die sekuriteit het Monté nie weer in die hofgebou toegelaat nie. Hy was nie so ver Huisgenoot kon vasstel by die hof toe die saak Dinsdag na 18 Mei vir vonnisoplegging uitgestel is nie.

Adv. Sakkie Nel, Xander se regsverteenwoordiger, en adv. Johan Smit SC vir die staat het nie Woensdag nog inligting gehad oor of die klaers hul aanklagte gaan verder voer nie.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het bevestig daar was so ver haar kennis strek teen Dinsdag nog nie amptelike strafregtelike sake geopen nie.