Stephen McGown is vrygelaat!

akkreditasie
twitter
Op Saterdag 1 Julie het Al-Kaïda se tak in Mali ’n video uitgereik as bewys van lewe. En Stephen het in daardie video verskyn.

Donderdag is die wonderlike nuus bekend gemaak: Stephen is vrygelaat en hy's tuis!

Minister Nkoana Mashabane sê dit is te danke aan jare lange onderhandeling omdat die Suid-Afrikaanse regering nie lospryse betaal nie.

Agtergrond

In November 2011 het Stephen, 'n boorling van Johannesburg, en sy geliefdes se lewens ingrypend verander. Die berugte terreurgroep Al-Kaïda het hom in Timboektoe in die noorde van Mali ontvoer.

Johan Gustafsson van Swede en die Nederlander Sjaak Rijke, ’n treindrywer, is op 25 November 2011 saam met hom ontvoer.

’n Vierde slagoffer is na bewering doodgeskiet toe hy geweier het om in die ontvoerders se trok te klim.

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees