Sunette het Woensdag op haar persoonlike Facebookblad geskryf: “Ek het vanmiddag die voorreg gehad om die president van die VSA, Donald Trump, en die vise-president, Mike Pence, te ontmoet!

“Ek kan nie in woorde beskryf hoe dit gevoel het om die president van Amerika se hand te skud en myself aan hom voor te stel nie! Wat 'n ongelooflike man! Dis 'n GROOT droom wat waar geword het!”

Die kaartjie wat sy in die inskrywing wys, dui slegs aan dit was ’n “spesiale geleentheid” met die president in Greenville, Noord-Carolina, en dat sy BBP-toegang gehad het.

Volgens The New York Times het Trump dié aand ’n saamtrek in Greenville toegespreek.

Huisgenoot het in 2016 berig Sunette is ná haar vier vorige mislukte huwelike met die skatryk sakeman, Chris Roets, getroud en het na Noord-Carolina verhuis.