Surrogaat-ma (51) skenk lewe aan eie kleindogter

akkreditasie
Daar’s nie veel wat ’n ma nie vir haar kinders sal opoffer nie – maar dié reusetaak sou selfs die mees toegewyde ma twee keer laat dink.

Breanna Lockwood en haar man, Aaron, van Illinois, Amerika, het gesukkel om swanger te raak toe Breanna se ma, Julie Loving, aanbied om hul baba vir hulle te dra. 

“My ma, Julie, is 51 jaar oud en was reeds deur menopouse! Maar sy het aangehou. Een ding van my ma is wanneer sy haar kop op iets sit, is daar geen keer aan haar nie,” sê Breanna.  

Breanna (29) en Aaron, wat die trauma van onsuksesvolle in vitro-bevrugtingsbehandeling en miskrame beleef het, het ingestem om die onkonvensionele aanslag te probeer om die baba te hê waarna hulle al so lank smag. 

“Ek en my man het geen probleme gehad om embrio’s met my eier en sy sperm te skep nie. Die helfte van die werk was gedoen. Ons embrio’s was reeds gevries en het vir ons gewag.

"Toe ons vrugbaarheidsdokter eers betrokke raak en hy my ma se liggaam voorberei het om haar met hormoonterapie uit menopouse te kry, het die res in plek geval.”

Julie, wat ook ’n 27-jarige seun het, is ’n kranige atleet wat aan marathons en driekampe deelneem. 

“Ek het gevoel ek is gesond genoeg om dit te kan doen en ek het maklike swangerskappe met my twee kinders gehad,” sê sy.

Die egpaar se dogter, en Julie se kleindogter, Briar Juliette Lockwood, is op 2 November gebore.

“Sy het beslis die swangerskap goed hanteer en al het die geboorte haar so ’n bietjie onkant betrap, het sy wonderlik gevaar. Dit was ’n uiters emosionele dag met baie trane, vreugdevolle en skrikwekkende oomblikke, maar ons dokters en span was wonderlik,” sê Breanna.

Sy voeg by dit was “onwerklik” om te sien hoe haar ma aan haar kind die lewe skenk.

“Dit was geweldig emosioneel, om my ma deur alles te sien gaan en alles wat sy vir my gedoen het en steeds doen,” vertel sy in ’n onderhoud met Good Morning America.

Breanna, wat hul swangerskapsreis op haar Instagramblad gedeel het, sê haar ma het die lewe geskenk nadat sy 10 dae voor haar kraamdatum geïnduseer is.  

Julie, wat ’n normale swangerskap gehad het, moes ’n noodkeisersnee ondergaan weens probleme met die naelstring, en die baba is veilig verlos. Breanna vertel hul vrugbaarheidstryd was die moeilikste ding wat sy nog moes trotseer.

Sy en Aaron het probeer swanger raak sedert hulle vier jaar gelede getroud is, maar dokters het vir haar gesê haar baarmoeder was nie sterk genoeg om ’n baba te dra nie. 

“Wanneer jy ’n plan vir jou lewe het en dan kom iets soos onvrugbaarheid in die pad . . . ek het gevoel ek kon nie meer die lewe sien wat ek vir myself voorgestel het nie, dat dit van my weggeneem kon word.”  

Dit was moeilik om te dink daar kon lig aan die einde van die tonnel wees, sê sy. 

“Maar solank jy kan aanhou vir jouself sê daar is so baie maniere waarop jy ’n ma kan word; nie net deur swangerskap nie. Daar is baie opsies om uit te kies.” 

View this post on Instagram

? A lot of new followers here! ? Quick recap! ? ? My name is Breanna and my husband here is Aaron! In the middle is my sweet mama who’s ???????????????? ?????? ?????????? ?????????? ???? ?? ?????????????????????? ??????????????! ? ? We are over the moon excited, but it took a long hard road to get here. After many many years of infertility and loss, we had our doctor come to us and say that ultimately my uterus was incapable of growing a child. ? ? On our path to become parents, I had a few miscarriages, and one that required a D&C (procedure to remove pregnancy) and I developed a condition called Ashermans Syndrome. Ashermans Syndrome is where bands of scar tissue form inside your uterus. Most commonly from a D&C procedure. Google will tell you it’s rare, but that’s not true. It mostly goes undiagnosed. I had no idea this could happen prior to going in to the operating room that day, and I am still devastated by it. ? ? My mama came to me multiple times offering to carry for us. My response? I laughed. “you crazy!?” lol... I did not think that was even possible. My mom, Julie, is 51 years old and had already been through menopause! But she was persistent. One thing about my mom is when she sets her mind to something, she goes for it. She’s a hardcore athlete, who’s completed multiple Boston marathons and super into heath and fitness. She sets a goal and she goes for it. ? ? Since we already had been through IVF, and my husband and I had no issues creating embryos with my egg and his sperm. Half the work was done. Our embryos were frozen already waiting for us. Once our fertility doctor was on board, he prepared my moms body to carry, taking her out of menopause through hormone therapy, and the rest fell into place. ? ? Julie is 36 weeks with our baby girl! Her first grandchild! This has been the wildest ride of our lives. We are so grateful for my mom and that we were given this opportunity ... I don’t think there’s ever been a morning I don’t wake up and pinch myself. ? ? Thanks for joining us on this adventure! We love hearing how far this story has reached, comment below where you’re from ♥? ? ??: @oatsandhoneyphotography

A post shared by Breanna Lockwood (@ivf.surrogacy.diary) on

In Suid-Afrika het Karen Ferreira Jorge en haar ma, Pat Anthony, wêreldwyd opslae gemaak toe Pat in 1987 as die land se eerste surrogaat haar dogter se drieling gedra het.  

Karen, wat in 2011 oorlede is, was destyds 25 en kon nie ’n tweede kind in die lewe bring nie. Haar ma, Pat, wat toe 47 was, het haar drieling, Paula, José en David, gedra. Die babas is in Oktober 1987 gebore. 

“Ek dink kinders is deel van die getroude lewe, ’n baie belangrike deel, en Karen sou dit ontsê word,” het Pat destyds gesê. 

“Toe ek die babas die eerste keer hoor huil, was dit net pragtig. Ek het soos enige ander gelukkige ouma gevoel wie se dogter pas ’n kind gehad het.”

Bronne: ABCNews.go.com, Today.com, GMA.com

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees