In die foto staan sy met die potblou see agter haar op Chapman’s Peak in Kaapstad terwyl sy haar bababoepie vashou.

????????

A post shared by Julia Anastasopoulos (@julia_knolc) on

Daarby het sy emotikons van babagesiggies geplaas.

Julia is bekend vir haar skreeusnaakse doen-dit-jouself video’s wat sy op Youtube laai. Sy spog met meer as 21 miljoen aanhangers op haar Youtube-blad.

Sy speel ook in haar eie reeks Tali wat tans op Showmax te sien is.

Sy is in 2017 met haar man Ari Kruger, ‘n rolprentvervaardiger, getroud.

Sowat 1 700 mense het van haar foto met haar boepie gehou.