Mary Agyapong was ’n verpleegster by die Luton and Dunstable University Hospital in Engeland net noord van Londen.

Sy het vroeër die maand positief vir die virus getoets. Aanvanklik het Mary tekens van verbetering getoon, maar haar toestand het skielik versleg.

Dit is onduidelik of Mary vir COVID-19 positief getoets het terwyl sy nog in Maart by die werk was, volgens The Guardian.

Haar verslegtende toestand het dokters gedwing om ’n noodkeisersnee te doen om haar babadogter te red.

Dit nie duidelik of die pasgebore baba ook positief getoets het vir die coronavirus nie, berig NY Post.

David Carter, hoofbeampte van Bedfordshire Hospitals NHS Trust, wat die hospitaal bestuur waar Mary gewerk het, het in ’n verklaring gesê die baba is ‘n “baken van lig”.

“Mary het vir vyf jaar hier gewerk en was ’n uiters gewaardeerde en geliefde lid van ons span en ’n fantastiese verpleegster,” sê David verder in die verklaring.

Haar kollegas by die hospitaal het haar as ’n “wonderlike verpleegster” beskryf.

Bronne: People, The Guardian, NY Post