Ivana Vladislava (26) is as ’n man gebore, maar het kort ná haar 11de verjaardag begin om vroulike hormone te drink en soos ’n meisie aan te trek.

Nou het Ivana, van Berlyn, Duitsland, al byna R1,87 miljoen bestee aan prosedures om haar voorkoms van manlik tot ’n vroulike pop te verander.

Nadat sy op 17 haar eerste neusoperasie ondergaan het, het Ivana nou al 10 vetuitsuigings en ’n borsvergroting ondergaan en selfs dele van haar kaaklyn, wenkbroubene en voorkop laat verwyder.

Maar nou wil Ivana nog operasies ondergaan sodat sy soos ’n plastiekpop kan lyk.

“Van 11 jaar af het ek geweet ek is ’n meisie en ek het vinnig besluit om hormone te drink, soos ’n meisie aan te trek en my hare lank te laat lank word,” sê Ivana.

“Namate ek ’n tiener geword het, het ek my voorkoms begin haat. Mans het my geïgnoreer en ek het vet, lelik en onsexy gevoel".

“Maar ek het geweet ek hoef nie so te leef nie; toe maak ek ’n plan om my voorkoms te verander en begin chirurge oral in die wêreld opsoek.

“Ek het my laat opneem om my neusoperasie te kry toe ek 17 was en sedertdien het ek nog vier neusoperasies ondergaan om die grootte te vervolmaak, asook baie ander operasies."

“En al was my eerste operasie pynlik, het ek geweet ek wou voortgaan om werk te laat doen en die plastieksimbool te word wat ek wil wees.”

Ivana het geweet chirurgie is die beste en enigste ware opsie om vrouliker te begin lyk.

Buiten alles moontlik doen om vroulik te voel, soos rompe en grimering dra, het Ivana plaaslike en internasionale chirurge begin navors om haar droom te verwesenlik. 

#bimbofication #1600cc

A post shared by Ivana Vladislava (@bimbo_doll_ivana) on

“Nadat ek kleintyd as ’n vrou geïdentifiseer het, het ek geweet ek moes so gou moontlik chirurgie ondergaan,” sê sy.

“Ek het met my neus begin, want dit was breed en manlik, en toe begin lipvullers kry om my voller lippe te gee."

“Ek het toe besluit om vetuitsuigings en beenherstrukturering te laat doen om my ’n ware vroulike, geronde lyf te gee."

“Vir my gaan alles oor so oorspronklik moontlik lyk en my mooi lyf en gesig maak my gelukkig."

#barbie #doll #bimbofication #reallifedoll #humandoll #humanbarbie

A post shared by Ivana Vladislava (@bimbo_doll_ivana) on

“Ek het my voorkoms op ’n vroulike plastiekpop gegrond, want ek wil so volmaak moontlik lyk."

“Plastiek is sterk en kan nie breek nie; dis hoe ek myself sien. Dus grond ek my voorkoms op niks anders nie.”

Ivana het die bykans R1,87 miljoen vir haar chirurgie betaal deur hard te werk sedert sy 17 jaar oud was. 

En al is die grootste deel van haar lyf deur silikooninplantings verander, sal Ivana aanhou kosmetiese prosedures ondergaan tot sy met haar finale voorkoms tevrede is. 

“Ek het al talle prosedures laat doen, selfs my haarlyn laat verlaag om my vrouliker te laat lyk,” sê sy.

“Ek streef daarna om my eie individuele maar plastiekvoorkoms te hê en ek wil myself verander in die beste mens wat ek kan wees."

“Ek wil nog my borste laat vergroot, my neus kleiner laat maak, inplantings in my boude kry en ’n gesig- en nekligting ondergaan."

“Ek gaan aanhou tot ek heeltemal gelukkig is, want dit is my lewe en ek wil so volmaak wees as wat ek moontlik kan."

“Ek leef soos wat ek altyd gedroom het en voel wonderlik en gelukkig; en dit is al wat saak maak!”

IVANA SE VOLLEDIGE LYS VAN PROSEDURES SLUIT IN:

  • Haarlynverlaging (R73 000)
  • Voorkophervorming (R178 160)
  • Wenkbroubeenhervorming (R88 400)
  • Wenkbroulig (R44 200)
  • Ooglidvetoorplanting (R28 900)
  • Vyf neusoperasies (R311 100)
  • Wanginplantings (R73 100)
  • Wangvetverwydering (R44 200)
  • Veloorplanting na wange en lippe (R28 900)
  • Driedelige kaaklynverwyderingsoperasie (R132 600)
  • Keninplanting (R28 900)
  • Oorverkleining (R35 700)
  • Vetuitsuiging aan nek (R73 100)
  • Wang- en lipvullerinspuitings (R59 500)
  • Agt vetuitsuigings (R297 500)
  • Borsvergroting (R370 600)