Maar dié tawwe tienie het terugbaklei en die virus ’n bloedneus gegee. 

“Dit was ’n geweldige skok vir ons toe ons uitvind sy het die virus,” sê haar seun, Dries. 

“Ek het my suster gebel en vir haar gesê ek dink dit is mamma se tyd.” 

Bettie woon in ’n aftreeoord in Kuilsrivier. Twee personeellede het die virus opgedoen en dit moes so versprei het. 

Volgens Dries het sy dadelik simptome begin wys. 

“Sy het gehoes en ’n koors ontwikkel. Die personeel het eers gedink dit is longontsteking, maar hulle het dadelik ’n dokter ontbied. 

“Die dokter het haar in die hospitaal opgeneem en hulle het haar vir COVID-19 getoets.” 

Sy was ’n maand lank in die Riverside Surgical-hospitaal se waakeenheid waar sy behandeling ontvang het. 

Dries sê sy was nie aan ’n ventilator gekoppel nie, maar het suurstof ontvang. 

“Die personeel by die hospitaal het haar toegejuig toe sy ontslaan is,” sê hy. 

Bettie is Maandag ontslaan en is tans terug na die ouetehuis waar sy vir 14 dae in kwarantyn geplaas is. 

“Dit wys jou net hoe ’n mens se natuurlike instink inskop. Ons almal het gedink sy gaan dit nie maak nie, maar sy het terugbaklei en hopelik sal ons nou haar 100ste verjaardag saam met haar kan vier.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe