Vanjaar spog die Tempo’s met ’n splinternuwe baadjie. Dit is ’n volronde digitale ervaring en nie meer ’n eenmalige glansgeleentheid waar net ’n handjie vol bekendes bymekaarkom nie. Die wenners word vandeesweek op Huisgenoot se digitale platforms, soos Facebook en Twitter, bekendgemaak, regstreeks sodat lesers en kunstenaars dit saam kan beleef.

Huisgenoot-lesers het vanjaar in hul duisende gestem vir die sterre wat hulle tussen 31 Maart 2016 en 1 April 2017 die meeste vermaak het.

Hier is die kunstenaars wat in die musiekafdelings as ons lesers se gunstelinge van die afgelope jaar aangewys is en met ons gesogte Tempo-toekennings vereer word.

Musiekpryse

Nuweling van die jaar

Jo Black – Skepe

Gospelalbum van die jaar

Joe Niemand – Vryheid

Kontemporêre album van die jaar

Riana Nel – Jy Sal Weet

Pop-/sokkie-album van die jaar

Dewald Wasserfall – Jy Is die Storm

Liedjie van die jaar

Jo Black – Skepe

Musiekvideo van die jaar

Ricus Nel met Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse – Hardekole

Woensdag word die wenners in die televisie-afdeling bekendgemaak. Donderdag vier ons fees wanneer die wenners van die fliekpryse, omroeper van die jaar en leesboek van die jaar aangewys word.

En Vrydag word Huisgenoot se spesiale toekennings soos Topverkoper-CD en Topverkoper-DVD uitgedeel. Lesers sal dan ook uitvind watter kunstenaar vir die eerste keer met die prys vir Huisgenoot se vermaak-ster van die jaar sal wegstap en wie ons vanjaar as Afrikaanse erfenislater vereer.

So hou vas aan jou rekenaar of selfoon, daar is wonderlike opwinding wat wag!