Al die Huisgenoot Tempo-wenners is die afgelope week regstreeks op Huisgenoot se webtuiste en sosialemediablaaie aangekondig.

Dit was ’n digitale viering van ons land se voorste musiekmakers, televisie- en filmsterre en ons lesers se gunsteling-radioaanbieder en -leesboek.

Boonop was Vrydag ’n baie spesiale dag: Vier groot pryse is uitgedeel. Die topverkoper-CD en -DVD is bekendgemaak, en vanjaar se splinternuwe eerbewys, dié vir die Huisgenoot-vermaakster, is vir die eerste keer uitgedeel aan die benoemde wat die meeste stemme gekry het.

Dit was ook wonderlik om twéé Afrikaanse erfenislaters, mense wat diep spore in die Afrikaanse vermaaklandskap getrap het, te vereer.

Hier is die volledige lys van vanjaar se Tempo-wenners:

MUSIEK

Nuweling van die jaar
Jo Black – Skepe


Gospelalbum van die jaar
Joe Niemand – Vryheid


Kontemporêre album van die jaar
Riana Nel – Jy Sal Weet


Pop-/sokkiealbum van die jaar
Dewald Wasserfall – Jy Is die Storm


Liedjie van die jaar
Jo Black – Skepe


Musiekvideo van die jaar
Ricus Nel met Adam Tas, Bok van Blerk en Refentse – Hardekole


TV, FLIEK, RADIO EN LEESBOEK

TV-aanbieder van die jaar
Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika


TV-reeks van die jaar: Aktualiteit, werklikheid, speletjies
Bobby en Karlien: In Jou Skoene


TV-reeks van die jaar: Drama, sitkom
Die Boland Moorde


Akteur van die jaar: Drama, sitkom
Waldemar Schultz – Die Byl


Aktrise van die jaar: Drama, sitkom
Lika Berning – Die Byl


Sepie van die jaar
Binnelanders


Sepieakteur van die jaar
Germandt Geldenhuys



Sepieaktrise van die jaar
Je-ani Swiegelaar


Fliek van die jaar
Vir die Voëls


Fliek-akteur van die jaar
Francois Jacobs – Vir die Voëls


Fliek-aktrise van die jaar
Simoné Nortmann – Vir die Voëls


Radioaanbieder van die jaar
Heinrich du Plooy – Bok Radio


Leesboek van die jaar
Deon Meyer – Koors


SPESIALE PRYSE

Topverkoper-CD van die jaar
Refentse – My Hart Bly in ’n Taal


Topverkoper-DVD van die jaar
Lollos 8: Skaterlag!


Vermaakster van die jaar
Jo Black – Skepe


Afrikaanse erfenislaters
Danie Odendaal en Annie Basson, die skeppers van 7de Laan.