Nadat die wenners van vanjaar se Tempo’s vandeesweek bekendgemaak is, is dit eindelik tyd om te sê wie die wenners is van Huisgenoot se spesiale pryse.

Waar die wenners in die afdelings vir musiek, TV, flieks, radio en boeke deur ons lesers aangewys word, gaan die Tempo’s vir topverkoper-CD en -DVD van die jaar aan die kunstenaars wie se CD en DVD tussen 1 April 2016 en 31 Maart 2017 die beste verkoop het. In dié afdelings het Huisgenoot se lesers nie per SMS of aanlyn vir hul gunstelinge gestem nie, maar met hul beursie.

Topverkoper-CD van die jaar

Refentse – My Hart Bly in ’n Taal

Topverkoper-DVD van die jaar

Lollos 8: Skaterlag!

Huisgenoot se lesers kon vanjaar in ’n spesiale afdeling ook vir hul geliefkoosde vermaakster van die jaar stem. Dié prys gaan aan die ster wat die meeste stemme onder al vanjaar se benoemdes ontvang het.

Vermaakster van die jaar

Jo Black – Skepe